Mastermind Alliance

Ubuntu : We are because  we assist you to be 

HANDBOEK OOR LEIERSKAP EN BESTUUR 

Willie het ’n leeftyd se bevindings, betrokkenheid, blootstellings, ervarings as bestuurder en leier van spanlede, interaksie met bestuur, sakelui, werknemers in mynbou, sakewêreld en swaarnywerheid, opgestelde opleiding en konsultasie materiaal, navorsing en studie saamgevat in sy boek, “Leadership and Management” wat pas voltooi is.

Die boek bespreek eienskappe en kwaliteite van suksesvolle leiers, die gevolge van swak leierskap en hoe goeie leiers in organisasies optree.

Leierskap eienskappe en kwaliteite is nie genoeg om organisasies en besighede suksesvol te bestuur nie; daarom word die bestuursfunksies van beplan, organiseer, lei en beheer ontleed en advies gegee hoe bestuurders dit met leierskap eienskappe en kwaliteite moet koppel om goeie bestuursleiers te wees.

Die boek is reeds in Engels per epos beskikbaar in pdf formaat met verskeie “hyperlinks” wat lesers in staat stel om tussen dele van die boek te beweeg en daardeur verdere beskrywing te kry.

Vir die voordeel van sy vele Afrikaanssprekende sake kollegas, studente en ander belangstellendes is Willie besig om die boek na Afrikaans te vertaal.

Bestel jou eksemplaar vandag en kry ’n gratis Afrikaanse weergawe wanneer beskikbaar.